Nà sy avontuur deur die Weskus, is Buffel die worshond weer terug veilig by die huis.
Buffel is sedert Saterdag 22 Maart in die Niewe Rust-area tussen Vredenburg en Paternoster as vermis aangemeld en is vanoggend op die Grootwaterklip-plaas in ‘n vanghokkie gevind.
Hy is op Dinsdag 21 April deur Gutter Innovations by die Velddrif/St. Helenabaai-kruising gewaar, waar hy by ’n melkplaas ingedraai het in die rigting van melkstalle met ’n rooi dak, waar hy weer verdwyn het.
’n Werkshond is ook ingespan om sy spoor te volg, maar dit is later verloor. Verskeie inwoners en selfs vragmotorbestuurders het reeds probeer help om Buffel op te spoor, maar sonder sukses.
Buffel is ook op die plaas Waterklip, net buite Vredenburg op die Stompneusbaai-pad, gesien.
Volgens sy eienaar Elmarie de Clerck is die vanghokkie inplek gesit met die hoop dat dit hom sou vasvang. Met verskeie pogings om hom te nader in die areas waar hy gewaar was, was dit egter moeilik om hom te nader, juis omdat hy beskryf word as baie bang.

“Vanoggend toe by die vroutjie van Waterklip en vra my hoe vining kan ek deur kom, want my hond is in die vanghokkie. Ek was so bly en verlig. Die voorman van die plaas het my ingelig dat hy nie gister daar was nie, so hy kan nie te honger of dors wees nie. Buffel lyk heel uitstekend vir ‘n hond wat 34 dae in die wild oorleef het. Hy seker so kilogram verloor, maar hy lyk baie goed,” vertel De Clerck.
Met die swaar reën wat laas naweek geval het, meen De Clerk sy was baie bekommerd oor hom gewees.
“Ek het gebid dat die Here hom moet bewaar in die koue en ek het gewonder waar slaap hy snags. Ek het skaar snags geslaap en het wakker gelê vol kommer. Ek is bly hy is terug, dit was seker ‘n wonderelike reis gewees en ek wens hy kon vir ons sê waar hy oral was.”





You must be logged in to post a comment.