Die Lagoon-rolbalklub se Wintersakeliga het Donderdag 23 April klaargemaak. Foto: Alida Buckle
Die Lagoon-rolbalklub se Wintersakeliga het Donderdag 23 April klaargemaak. Foto: Alida Buckle

Rolbal-wintersakeliga se wenners word gekroon op Langebaan

Die Lagoon-rolbalklub se Wintersakeliga het Donderdag 23 April klaargemaak. Foto: Alida Buckle
Die Lagoon-rolbalklub se Wintersakeliga het Donderdag 23 April klaargemaak. Foto: Alida Buckle

Ná ‘n strawwe seisoen in die die Lagoon-rolbalklub op Langebaan se Wintersakeliga, is ‘n gedugte viermanskap – die Old Men’s Blend wat hul eerste buiging in die liga gemaak het – gisteraand (Donderdag 23 April) as die wenspan gekroon.

Die wenspan by Etienne Schutt (klubpresident. heellinks) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, heelregs). en van links Flippie Snyman, Chris Smit, Terence Lynch en Gerhard Botha.
Die wenspan by Etienne Schut (klubpresident, heel links) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, heel regs) is van links Flippie Snyman, Chris Smit, Terence Lynch en Gerhard Botha.

Altesaam 24 spanne het sedert Maart in twee afdelings aan die wintersakeliga deelgeneem: twaalf spanne het dit op Dinsdagaande (Afdeling 1) en twaalf op Donderdae (Afdeling 2) uitgespook.

Punte het op die ou end bepaal wie die algehele toptwaalf behaal.

Dié twaalf topspanne het dit gisteraand om die wenskild uitgespook, met Old Men’s Blend wat met die louere weggestap het deur Boesmanland-slaghuis te wen. Boesmanland se 2de plek beteken hulle skuif drie plekke op van die vorige seisoen af.

Tweede: Die span van Boesmanland-slaghuis is van links Wynand Hugo, Albert van der Spuy, Thys van Niekerk en Willie van Dyk. By hulle in blou staan Etienne Schutt (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle
Tweede: Die span van Boesmanland-slaghuis is van links Wynand Hugo, Albert van der Spuy, Thys van Niekerk en Willie van Dyk. By hulle in blou staan Etienne Schut (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle

In die 3de plek is Headline Blinds, wat een plek laer as in 2025 eindig. Hulle wen Eco Sport wat weer die 4de plek behaal.

Derde: By Etienne Schutt (klubpresident, links) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou is die span van Headline Blinds. Foto: Alida Buckle
Derde: By Etienne Schut (klubpresident, links) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou is die span van Headline Blinds. Hulle is van links Morné du Preez, Alwyn Kotze, Pierre en Heather de Villiers. Foto: Alida Buckle
Vierde: Eco Sport. By hulle in blou staan Etienne Schutt (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle
Vierde: Eco Sport se span is van links Izak Dreyer, Janè Visagie, Juan-Maré Visagie, Gavin Vorster (agter middel) en Esta Visagie. Agterhulle staan Etienne Schut (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle

Hyundai eindig 5de, twee plekke hoër, deur die lewenslustige span van Copy & Paste te wen. Copy & Paste val in die 6de plek met drie plekke.

Vyfde: Hyundai se spanlede Vierde: Eco Sport. by Etienne Schutt (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou, is van links Brandon van Wyk, Micah Beukes, Jacques Pieters en 
Joshua van Zyl. Foto: Alida Buckle
Vyfde: Hyundai se spanlede Vierde: Eco Sport. by Etienne Schut (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou, is van links Brandon van Wyk, Micah Beukes, Jacques Pieters en
Joshua van Zyl. Foto: Alida Buckle
Sesde: Copy & Paste. Foto: Alida Buckle
Sesde: Die uitbundige span van Copy & Paste by Etienne Schut (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou, is voor van links Gabby van Wyk en Monique Large en agter Tiaan van Wyk en Ryen Etzebeth. Foto: Alida Buckle

Die Rolling Oldies wen Comtel om 7de te eindig. Comtel in die 8ste plek klim met vier plekke.

Sewende: Rolling Oldies by Etienne Schutt (klubpresident, agter) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou. Foto: Alida Buckle
Sewende: Die spanlede van die Rolling Oldies, van links is Vivian Sciocatie, Dirk van der Walt, Elana Hugo, Ranata Boni en Marius van der Westhuizen. By hulle is Etienne Schut (klubpresident, agter) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou. Foto: Alida Buckle
Agtste: Die span van Comtel by Etienne Schutt (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou. Foto: Alida Buckle
Agtste: Die span van Comtel by Etienne Schut (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) in blou. Foto: Alida Buckle

Tweede Kans wen Alu Station om 9de te eindig. Dit beteken Tweede Kans (10de) het een plek opgeskuif en Alu Station het drie plekke laer geëindig.

Negende: By Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, links) en Etienne Schutt (klubpresident, regs) staan van die spanlede van Tweed Kans. Foto: Alida Buckle
Negende: By Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, links) en Etienne Schut (klubpresident, regs) staan van die spanlede van Tweede Kans. Foto: Alida Buckle

Fish Eagles wen Husky’s Restaurant & Bar om onderskeidelik 11de en 12de te eindig.

Elfde: Die Fish Eagle-span by Etienne Schutt (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle
Elfde: Die Fish Eagle-span by Etienne Schut (klubpresident) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle
Twaalfde: Jackie Fourie Deyzel van die Huysky's Restaurant & Pub-span staan by Etienne Schutt (klubpresident, links)) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle
Twaalfde: Jackie Fourie Deyzel van die Huysky’s Restaurant & Pub-span staan by Etienne Schut (klubpresident, links)) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle

Weslander, wat twee seisoene afwesig was, eindig 13de deur die simpatiek-gedoopte “Up and coming”-kroon op te eis.

Dertiende: Weslander se span, van links, Chris Albertyn, Blaze Buckle en VanZyl Schultz staan trots by Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) en Etienne Schutt (klubpresident).  Afwesig: Eddie Fullard. Foto: Alida Buckle
Dertiende: Weslander se span, van links, Chris Albertyn, Blaze Buckle en VanZyl Schultz staan trots by Herman van Lill (sakeliga-sameroeper) en Etienne Schut (klubpresident). Afwesig: Eddie Fullard. Foto: Alida Buckle
Veertiende: Die span van Suzuki by Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, middel) en Etienne Schutt (klubpresident). Foto: Alida Buckle
Veertiende: Die span van Suzuki by Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, middel) en Etienne Schut (klubpresident). Foto: Alida Buckle

Harcourts stap in die 24ste plek weg met die “Stone Last”-trofeë.

Die spanne wat 14de to 23ste eindig is in volgorde Suzuki Vredenburg, Magic Services, Graythorne, Watergat, Toyota, Langebaan Holiday Homes, Pistor Attorneys, Langebaan Chambers, West Coast Flooring en Beachcombers.

Trots laaste! Die Harcourts-span by Etienne Schutt (klubpresident, middel agter) en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper, regs).

Die sakeliga gee die Lagoon-rolbalklub ’n welkome geldelike hupstoot om onder meer die gronde op te knap en in stand te hou, maar die groter waarde lê in die aankweek van ’n liefde vir die sport.

Die klub se geriewe word boonop in ’n ongelooflike goeie toestand gehou, en selfs met die swaar reën die afgelope tyd was die setperk steeds speelbaar – iets waarop die klub besonder trots kan wees. Selfs motreën kon nie die spanne Dinsdagaand van die baan af kry nie; dis aanhouers wat wil speel.

Vir die klublede is dit elke seisoen ’n plesier om nuwelinge touwys te maak en die fynere kunsies en tegnieke van die spel oor te dra. Die reëls word geduldig verduidelik en stap vir stap ingeoefen. “Teen die derde aand kan ons maar terugstaan, dan weet almal wat om te doen,” sê Herman van Lill, sameroeper van die sakeliga, altyd.

Spelers kon elke aan heerlike kerrie-en-rys, hamburgers of worsrolle koop, wat deur die klub verkoop is.

Die volgende sakeliga vind na verwagting in September plaas, met moontlik een oefenaand per week per maand in die pyplyn. Datums sal nader aan die tyd deurgegee word.

Hier is van die aksiefoto’s geneem deur Alida Buckle en Blaze Buckle.

  • Indien jy van die foto’s wil aflaai en aanstuur, gee asseblief net erkenning aan Weslander om die redaksie se harde werk en die tyd wat spandeer is om dié eindronde by te woon, te respekteer.

Nog foto’s:

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article