Die Mangaung-metro het ‘n kennisgewing uitgestuur van onderhoudwerk wat vandag (22 Oktober) aan die Maselspoort-watersuiweringsaanleg gedoen word.
Die aanleg is afgeskakel vir inspeksie en die skoonmaak van die geriewe.
Die metro sê die werk wat vandag gedoen word is om die probleem met die kleur van die water aan te spreek en die werking van die aanleg te verberer.
In ‘n verklaring sê die raadslid Vusi Soqaga, die lid van die burgermeesterskomitee vir tegniese diense in die metro, dat die kleur van die water net esteties is.
“Gebasseer op verslae oor die watergehalte, is die water veilig vir gebruik. Ons gaan voort met die toets en monitor van water.”
Die waterwatertoevoer sal na verwagting nie onderbreek word nie, maar inwoners word versoek om water spaarsaam te gebruik. Die onderhoudswerk behoort binne 24 afgehandel te wees.





