Bram Fischer-gebou
Die kantore van die Mangaung-metro.

Laat betaling van metro-werkers nie weens tekort aan fonds, sê More

,

Die Mangaung-metro het om verskoning gevra vir die laat betaling van werknemers se salarisse.

In ‘n nuusverklaring sê die stadsbestuurder Sello More die laat betaling van salarisse is weens ‘n administratiewe uitdagings met die betalingsproses. “Die betrokke amptenare werk nou hard aan hierdie uitdagings om salarisse suksesvol te betaal,” sê More.

Hy sê hy verstaan die angs en ongerief wat die situasie veroorsaak by werknekers en hul gesinne. “Ons vra om verskoning vir die kommer wat dit beoorsaak. Ons verseker werknemers dat hul salarisse vandag betaal sal word.”

More sê weknemers wie se salarisse by FNB en ABSA inbetaal word, het reeds hul salarisse ontvang en die res sal voor 12:00 ontvang word.

“Die Mangaung-metro is geldelik operasioneel en toegewyd om al sy betalings na te kom. Die probleem is tegnies van aard en reflekteer nie op ‘n tekort aan fondse nie,” het More gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article