'n Gebarste pyp op die hoek van Genl Dan Pienaar en Thompsonweg.
‘n Gebarste pyp op die hoek van Genl Dan Pienaar en Thompsonweg.

NUUTSTE | Water spuit, liters gaan verlore en metro daag steeds nie op

,

BLOEMFONTEIN – Herstelwerk het begin aan die lekplek wat deur die loop van die oggend verkeer in Generaal Dan Pienaar-rylaan ontwrig het en duisende liters water laat wegstroom het.

‘n Sekuriteitsvideo wys hoe ‘n waterpyp op die hoek van Generaal Dan Pienaar-rylaan en Thompsonweg in Dan Pienaar kort ná middernag gebars het.

Sedertdien spuit die water in ‘n fontein in Dan Pienaar-rylaan – ‘n besige roete met hoë potensiaal vir ongelukke.

Corize van Rensburg, DA-wyksraadslid van wyk 20, sê sy het al vroeg die waterlek by die Mangaung-metro aangemeld, maar teen 08:10 was daar nog niemand van die munisipaliteit nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat daar so ‘n gebrek aan dringendheid is waar duisende liter skoon water gemors word én ‘n risiko vir padgebruikers geskep word,” sê sy.

“Hierdie is ‘n basiese verantwoordelikheid van die munisipaliteit. Inwoners verdien vinnige reaksie wanneer daar sulke dringende diensleweringsprobleme ontstaan,” sê sy in ‘n dringende boodskap aan die munisipaliteit.

Van Rensburg waarsku motoriste om verstigtig te ry in die omgewing.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article