Gevaarlike toestand by die Albrechtstraat-verkeersirkel by Preller Walk.
Gevaarlike toestand by die Albrechtstraat-verkeersirkel by Preller Walk. FOTO: Verskaf

Nat pad by sirkel in Albrechtstraat gevaarlik weens waterlekplek

,

Die verkeersirkel in Albrecthstraat by Preller Walk is nou selfs nóg gevaarliker nadat ‘n waterlekplek wat ‘n maand gelede glo reggemaak is, nou weer lek.

Corize van Rensburg, die DA-wyksraadslid wat Dan Pienaar insluit, sê ‘n lekplek wat die pad by dié verkeersirkel gevaarlik glad gemaak het, is in Mei aangemeld en sy het verstaan dat die Mangaung-metro die lekplek teen 25 Mei herstel is. Dit is blykbaar ‘n brandkraan op die verkeerseiland wat lek.

Op Dinsdag 23 Junie het water weer hier by die sirkel begin lek, dieselfde as ‘n maand gelede.
“Dit het reeds vandag gelei tot een motorongeluk,” sê sy.

Van Rensburg sê die water op die pad ‘n maand gelede het gelei tot verskeie ongelukke. “Die lekkasie veroorsaak ‘n ernstige veiligheidsrisiko vir motoriste asook voetgangers hier. Die staande water en die nat padoppervlakte skep besonder gevaarlike omstandige,” sê sy.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article