Die Ou Presidensie in Bloemfontein. FOTO: Lientjie Mentz
Die Ou Presidensie in Bloemfontein. FOTO: Lientjie Mentz

Inbrekers verniel Ou Presidensie: items van onskatbare waarde verlore

, ,

Die ANC kan en wil nie ons erfenis beskerm nie.

So sê Armand Cloete, VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, oor die onlangse inbraak by die Ou Presidensie.

Tankiso Zola, woordvoerder van die departement sport, kuns, kultuur en rekreasie het bevestig dat daar ‘n inbraak by dié museum in President Brandstraat in die stad was.

“Die saak is by die polisie aangemenld en hulle ondersoek dit nog,” het Zola aan BloemNuusExpress gesê.

Cloete sê die Ou Presidensie, wat onder dié departement val, is reeds jare onderbefonds. “Die infrastruktuur word nie behoorlik in stand gehou nie. ‘n Inbraak van dié aard wys ook hoe diep misdaad reeds in alle aspekte van die samelewing ingegrawe is.”

Lees ook: Klein lig in die tonnel vir Bloemfontein se vervalle Pres. Brandstraat.

Cloete sê dit is ‘n skande. “Die items in die Ou Presidensie is van onskatbare waarde en dit wat nou gesteel is, is vir toekomstige geslagte verlore.”

Zola sê die departement se veiligheids-afdeling ondersoek nou die veiligheid van die museum.

Volgens ‘n ingeligte is twee borsbeelde van presidente onder die kosbaarhede wat gesteel is.

Daar was blykbaar geen krag tydens die inbraak die naweek nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article