Werner En Geordin
Werner Pretorius (links), die DA se burgemeesterskandidaat, en die DA-leier en burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, Dinsdag by ‘n saamtrek van die party in die Bloemfontein-stadsaal waar sowat 1 200 mense na die leiers van die party kom luister het. FOTO: Lientjie Mentz

VIDEO: ‘Stryd teen korrupsie begin op dag 1’ sê DA

Werner En Geordin
Werner Pretorius (links), die DA se burgemeesterskandidaat, en die DA-leier en burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, Dinsdag by ‘n saamtrek van die party in die Bloemfontein-stadsaal waar sowat 1 200 mense na die leiers van die party kom luister het. FOTO: Lientjie Mentz

Die mense van die Vrystaat is gereed en honger vir verandering.

Dit was die woorde van DA-leier Geordin Hill-Lewis Dinsdag in die Bloemfontein-stadsaal toe hy saam met ander leiers van die DA oor dié party se verkiesingsveldtog in die Mangaung-metro gepraat het.

Sowat 1 200 mense het saam met plaaslike kunstenaar Jacobus Silwer in ‘n vrolike byeenkoms gesing en gejuig.

DA-leier Geordin Hill-Lewis
DA-leier Geordin Hill-Lewis Dinsdag in die Bloemfonteinse stadsaal. Dit is tyd vir die DA, wys hy. FOTO: Lientjie Mentz

Hill-Lewis het gesê dit is opwindend om in Mangaung tydens een van die mees opwindende tye in politiek in Suid-Afrika te wees.

Hy het verwys na die meer as 400 000 werksgeleenthede wat die afgelope vyf jaar in Kaapstad beskikbaar geraak het.

“Die Mangaung-metro het 800 000 inwoners. Die DA het nie die werksgeleenthede in Kaapstad geskep nie, maar die DA het omgesien na die stad se infrastruktuur.

LEES OOK: The DA can get Mangaung out of ICU, says mayoral candidate.

“As ‘n mens jou infrastruktuur verbeter en onderhou, kan die ekonomie beter doen en werksgeleenthede geskep word.”

Hill-Lewis sê Mangaung kan weer werk. “Dit is nie nodig dat ons moet glo dat dinge elke jaar agteruitgaan nie. Ons kan beter doen en voorwaarts gaan. Ons kan daardie beter lewe hê wat vir almal belowe is.”

Werner Pretorius, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Mangaung-metro, sê die stad het groot potensiaal.

LEES OOK: Geordin Hill-Lewis and local leadership on DA’s plans for Mangaung.

“Daar is net een pad vorentoe – met verandering wat in aksie oorgesit word.”

Hy sê hy glo die DA gaan ná die verkiesing op 4 November die grootste party in Mangaung wees.

“Die DA het reeds ‘n bloudruk van hoe om te regeer. Ons het mense wat lus is om te regeer om mense se lewe te verbeter. Ons het die politieke wil om Mangaung beter te maak. Om ‘n nuwe storie te skryf.”

Pretorius sê op dag een van die nuwe regering sal die stryd teen korrupsie begin.

LEES OOK: Nalatenskap van vervalle, verlate swembaddens.

“Die kultuur van strafloosheid sal tot ‘n einde kom. Dit is tyd dat ons ‘n toekoms ingaan waar Mangaung vir almal werk.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article