Motortjies op die Duratec-ovaalbaan
Motortjies op die Duratec-ovaalbaan by die Bloem Slot Car Club by Three Services. FOTO: Lientjie Mentz

VIDEO: Nuwe Slotzway Speedway laat modelkar-entoesiaste se harte vinniger klop

,
Motortjies op die Duratec-ovaalbaan
Motortjies op die Duratec-ovaalbaan by die Bloem Slot Car Club by Three Services. FOTO: Lientjie Mentz

Die modelkarretjies wat so op die baan jaag, laat die vingers behoorlik jeuk om ook deel te neem.

Albert Mostert en Heinrich Jordaan se splinternuwe Slotboyz-resiesbaan word Saterdag 1 Augustus die eerste keer met ‘n kompetisie geopen.

Slotmotors is modelkarretjies van 1:32 wat met ‘n afstandbeheer bestuur word op ‘n resiesbaan. Elke baan het drie of vier bane waar die motortjies op ‘n gleuf voortbeweeg.

Heinrich Joubert en Albert Mostert
Heinrich Jordaan en Albert Mostert by hul nuwe resiesbaan. FOTO: Lientjie Mentz

Die uitdaging is om die beste spoed te handhaaf en die karretjies om die draaie te beheer.

Mostert en Jordaan het ‘n rukkie gelede met Thaart en Johnny Slater van Three Services in Generaal de Wet onderhandel om die ongebruikte muurbalbane te gebruik waarop hulle twee model-resiesbane gebou het. Die twee slotkar-entoesiaste het reuse-werk ingesit om die bane gereed te kry en die slotresies-kompetisies daar te kan aanbied.

Die eerste baan, die Duratec Oval, word reeds ‘n rukkie gebruik en daar is al kompetisies en selfs prettige kinderpartytjies hier aangebied.

Die nuwe Slotzway Speedway. VIDEO: Verskaf

Die spoggerige tweede baan wat hulle onlangs voltooi het, die Slotzway Speedway. Die baan van 32m bied baie meer uitdagings vir deelnemers. ‘n Motortjie neem sowat 6 sekondes om, om dié baan te jaag.

Mostert verduidelik die sowat 40 lede van Bloem Slot Car Club maak beurte om by mekaar se huise byeen te kom waar hulle Donderdae teen mekaar meeding en oefen op lede se bane.

Die nuwe resiesbaan wat Saterdag die eerste keer in 'n kompetisie gebruik word. Die baan is deu
Die nuwe resiesbaan wat Saterdag die eerste keer in ‘n kompetisie gebruik word. Die baan is deur Albert Mostert en Heinrich Joubert gebou. FOTO: Verskaf

“Dit is ‘n lekker stokperdjie,” sê Mostert wat self sowat 300 slotkarretjies besit.

“Vir elke resies word vooraf bepaal watter soort karre gebruik gaan word,” verduidelik hy. “Daar is ‘n groot verskeidenheid karre, van NASCARS, tot Pioneer Legends, Sideways Group 5, Sideways GT3 tot F1-motors.” Deelnemers kan selfs onderdele van die motorjies aanpas om hulle beter te maak in kompetisies.

Saterdag se resies is ‘n Sideways Groep 5-resies. Sowat 43 inskrywings van deelnemers uit Bloemfontein en Kroonstad is ontvang. Die deelnemers sal Vrydag die geleentheid kry om op die nuwe baan te oefen.

Inskryfgeld is R150 en die resies begin om 08:30. Rig navrae oor die baan en die sport aan Albert by 083 792 0242.

'n Modelmotorjie op die resiesbaan. FOTO: Verskaf
‘n Modelmotortjie op die resiesbaan. FOTO: Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article