Die groep Xtreme Bikers en hul gesinne by Boesmansgat. FOTO: Facebook

Die oop pad met oop hart aangepak

,

‘n Tjek van R400 000 is op Vrydag 24 Julie op ‘n intieme geselligheid deur Xtreme Dreams 4.0 aan Hospice Bloemfontein oorhandig.

Die groepie regslegleerdes en hul vriende het vanjaar ‘n vierde geldinsamelingsgeleentheid onderneem om ‘n niewinsgewende organisasie te ondersteun, en met dié poging alle verwagtinge oortref.

Die Xtreme Bikers op pad na Daniëlskuil
Die Xtreme Bikers op pad na Daniëlskuil. FOTO: Verskaf

Vanjaar se projek deur die Xtreme Bikers het einde verlede maand begin met die avontuur na Boesmansgat naby Daniëlskuil.

Die groep onderneem reeds sedert 2020 elke tweede jaar ‘n uitstappie waarmee hulle geld vir ‘n liefdadigheidsprojek insamel.

Hanneke Lubbe en haar span van die hospies het die groep manne en vroue op 15 Julie na die hospies genooi, waar ‘n kamer na die Xtreme Bikers genoem is. Hospice Bloemfontein versorg nou sowat 50 pasiënte waarvan die meeste tuis versorg word.

Die hospies self het nou nege kamers waarvan een aan die Xtreme Bikers opgedra is.

“Vroeër jare was daar omtrent in elke dorp ‘n hospies,” vertel Lubbe.

Adv. Henk Cilliers (links) en dr. Dalene van Jaarsveld by die kamer in Bloemfontein Hospice
Adv. Henk Cilliers (links) en dr. Dalene van Jaarsveld by die kamer in Bloemfontein Hospice waar ‘n kamer na die Xtreme Bikers genoem is. FOTO: Lientjie Mentz

Sedert 2016 het Hospice Bloemfontein met die inkoop van die gemeenskap meer gedoen as om in die behoefte van so ‘n diens te voorsien; dié organisasie het selfs gegroei.

Adv. Henk Cilliers, wat vanjaar se Xtreme Biker-uitstappie gereël het, sê hulle was sowat 14 motorfietsryers wat die tog oor sowat 830 km vanaf Bloemfontein tot by hul bestemming en terug afgelê het. Die groep sê dit was ‘n onvergeetlike reis van avontuur, vriendskap en ‘n duidelike doel voor oë.

Die hoogtepunt was die uitstappie om in Boesmansgat te gaan swem.

Andries van Zyl van Mount Carmel Safaris het die besoekers met bakkies na die swemgat, wat 282 m diep is, geneem.

Deelnemers aan Xtream Dreams 4.0 swem in die beroemde Boesmansgat-
varswatergrot
Deelnemers aan Xtream Dreams 4.0 swem in die beroemde Boesmansgat- varswatergrot in die Noord-Kaap. FOTO: Verskaf

Wat vanjaar besonders maak, is dat ‘n bykomende geldinsamelingsgeselligheid aangebied is: Hofstories 2026. Adv. Stanley Reinders en adv. Willem Edeling het stories uit hul jare in die hof gedeel.

Talle instansies het ook ruim bygedra om die groot bedrag vanjaar moontlik te maak.

Die eerste Xtreme Dream is in 2020 gehou om geld vir die Martie du Plessis-skool in te samel, en in 2022 was die Mooihawe-bejaardesorgsentrum die begunstigde.

In 2024 is R300 000 vir die Therapéa-kinder-en-jeugsorgsentrum ingesamel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article