Die karakters in die Skepper se Tuin is van links Willempie Wurm, Oom Tor, Daisy en Lieben die Liewenheersbesie. GRAFIKA: Martin Schwella

Luisterstorie kry Saterdag nuwe lewe op verhoog

, , ,
Die karakters in die Skepper se Tuin is van links Willempie Wurm, Oom Tor, Daisy en Lieben die Liewenheersbesie. GRAFIKA: Martin Schwella

Die Skepper se Tuin, geskryf deur Bloemfonteinse skrywer en Schink Stories-stigter Martin Schwella in 2025, het oorspronklik as ‘n luisterstorie-reeks op die Schink Stories-platform verskyn.

Die vierdelige reeks word nou vir die verhoog verwerk in ‘n kinderteaterproduksie wat deel vorm van Schink Stories se kinderproduksies danksy die verwerking van CW Laten.

Martin Schwella
Martin Schwella met die karakters uit die Die Skepper se Tuin. Grafika: Verskaf

Die verhaal speel af in die Skepper se tuin en vertel van Daisy, Willempie Wurm, Lieben die Liewenheersbesie en Oom Tor. Wanneer Daisy ‘n kraak in haar potjie ontdek, ontstaan daar groot paniek onder die groot eikeboom.

Wat aanvanklik soos ‘n probleem lyk, kan dalk juis ‘n opening wees. Die produksie kombineer humor, avontuur en kleurvolle karakters met ‘n storie wat kinders op ‘n speelse manier bekendstel aan metamorfose en die verskillende vorme van lewe in die natuur.

Daisy se reis is ook een van selfontdekking, waar sy uiteindelik meer leer oor wie sy is en haar plek in die Skepper se tuin.

Twee vertonings van die Die Skepper se Tuin is op Saterdag 26 September op die verhoog by Doxa Deo-Suid in Fichardtpark te sien – een om 09:00 en een om 11:00.

Michelle du Toit is te sien in die rol van Daisy, Keila van Vuuren is Willempie Wurm, Jené Heymans vertolk die rol van Lieben die Liewenheersbesie en Stella Nortjier is te sien in die rol van Oom Tor.

Die vertoning word aangebied deur Schink Stories.

Die oorspronklike storie is geskryf deur Martin Schwella en vir die verhoog verwerk deur CW Laten.

Martin sê dit gaan meer wees as net ‘n teatervertoning. Daar sal ook verskeie aktiwiteite en vermaak vir kinders en gesinne wees. Besoekers kan onder meer spookasem, gesigverf en koffie geniet, terwyl Schink Stories-produkte te koop sal wees. Tydens die geleentheid sal Schink Stories ook meer inligting oor die amptelike Schink Stories-app deel, en die wenner van die Oortjies-tekenkompetisie sal aangekondig word. Daar is net ‘n beperkte aantal kaartjies op webtickets.co.za beskikbaar.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article