Die Voortrekkers kuier by Vegkop naby Heilbron.
Die Voortrekkers kuier by Vegkop naby Heilbron.

Toer laat geskiedenis deur ervarings leef

,

Die hoërskoolleerders van Die Voortrekkers van oor Suid-Afrika en Namibië heen het van 6 tot 10 Augustus aan die Nasionale Verkennertoer en Jeugberaad deelgeneem.

Die vyfdaagse program het die leerders meer oor geskiedenis, avontuur, kultuur en leierskap geleer. Hulle het oor belangrike gebeurtenisse geleer en kon boonop die plekke besoek waar die geskiedenis afgespeel het.

Die Verkenners voor die Apartheidsmuseum in Johannesburg.  FOTO: Verskaf
Die Verkenners voor die Apartheidsmuseum in Johannesburg. FOTO: Verskaf

Die toer het by die Voortrekkermonument in Pretoria begin. Tydens ‘n skemertoer kon die jeuglede die monument verken en die uitsig vanaf die dak teen sonsondergang geniet. ‘n Nagmars met flitse en ‘n besoek aan die gedenkmuur het die eerste aand op ‘n avontuurlike wyse afgesluit.

Die volgende dag het die groep die Erfenissentrum en die Transvaalmuseum uit die tyd van die onafhanklike republieke besoek. Hulle het ook ‘n skattejag voltooi en meer oor vergaderingsprosedures geleer. Hierdie vaardighede is later in die toer tydens die Nasionale Verkennerberaad gebruik.

By Fort Schanskop het die groep ingegrawe in die geskeidenis en aandete geniet met die sonsondergang. Die dag is afgesluit met ‘n kampvuur en konsert by die Lewende Laer, waar sang, kitaarmusiek en goeie geselskap vir ‘n feestelike atmosfeer gesorg het.

Saterdag se program het almal aan verskillende hoofstukke van Suid-Afrika se geskiedenis bekendgestel. Hulle het die Apartheidmuseum, die Witkop-blokhuis naby Meyerton, die Vrede van Vereeniging-monument en die Sharpeville-gedenkteken besoek. By elke plek moes hulle nadink oor oorlog, onreg, vrede en die waarde daarvan om uit die verlede te leer.

Die Verkenners besoek die Ou Raadsaal in PRetoria.

Vir die aandprogram het die groep na die Vegkop-terrein vertrek, waar hulle meer oor die Anglo-Boereoorlog geleer en gehelp met bewaring deur die letters van Vegkop weer op te helder deelgeneem.

Op Sondag het die Verkenners na Doornkloof naby Lindley gereis, die historiese plaas van die Voortrekkerleier Sarel Cilliers. Ná die erediens het die Nasionale Jeugberaad plaasgevind. Die beraad het jongmense die geleentheid gebied om brandpunte te deel wat uiteindelik aan Die Voortrekkers se hoofbestuur oorgedra is.

Die Verkennertoer het bewys dat geskiedenis veel meer as datums in ‘n handboek is. Dit is ‘n verhaal wat by monumente, museums en historiese terreine lewendig word. Die deelnemers het teruggekeer huis toe met nuwe kennis, waardevolle herinneringe en ‘n groter besef dat jongmense self die volgende hoofstuk van Suid-Afrika se verhaal sal skryf.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article