Op die Castiglione MOTH se 80ste verjaardag is van links Johann Greeff (Old Bill), Piet van der Merwe (Deputy Old Bill) en Tinus Bam (Sgt Major).

Die Bloemfonteinse Castiglione MOTH Shellhole vier vanjaar sy 80ste verjaardag en het die groot mylpaal met ‘n saamkuier-geselligheid gevier.

Die internasionale Memorable Order of Tin Hats of MOTH skep ‘n tuiste vir oud-weer-maglede en polisielede en is in Mei 1927 deur Charles Alfred Evenden (MOTH 0) in Durban gestig.

Die plaaslike MOTH is in 1946 gestig en het ‘n rykdom aan geskiedenis wat in die Shellhole by die Oorlogsmuseum te sien is.

Herman Lötter (92) wat 24 jaar die bevelvoerder van die Bloemfontein-kommando was, is een van die oudste lede van die Castiglione Moths. Hier is hy met die gedenkboek van dié kommando met sy foto in.
Herman Lötter (92) wat 24 jaar die bevelvoerder van die Bloemfontein-kommando was, is een van die oudste lede van die Castiglione Moths. Hier is hy met die gedenkboek van dié kommando met sy foto in. FOTO: Lientjie Mentz

Om die plaaslike Shellhole se verjaardag te vier, is ‘n geselligheid op Saterdag 11 April gehou en het MOTH-lede van oor die land heen aanlyn boodskappe van gelukwense oorgedra.

Dit is gevolg deur ‘n ete wat die middag deur lede in ‘n heerlike kuier-atmosfeer voorberei is.

Een van die oudste lede wat op Saterdag se geselligheid was, was Herman Lötter (92). Lt. Kol Lötter was vir 24 jaar die bevelvoerder van die Bloemfontein- Stad Kommando. Hy asook sy dogter Antoinette Roos (adjudant by Castiglione Shellhole) en sy skoonseun, Christo, het die geselligheid bygewoon.

Van die MOTH-lede op Saterdag se geselligheid is van links Theuns Theart, Lourens de Lange (Pay Bill) en Hein Cohen.
Van die MOTH-lede op Saterdag se geselligheid is van links Theuns Theart, Lourens de Lange (Pay Bill) en Hein Cohen. FOTO’S: Lientjie Mentz

Hulle kom uit ‘n familie wat goed vertroud was met die oorloë van die vorige eeu. Lötter se pa, Lukas Lötter het in albei die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog geveg en is in Frankryk gewond.

Johann Greeff, Old Bill van Castiglione MOTH, sê hierdie is die grootste van die Vrystaatse Shellholes. “Dit is ‘n plek waar ons na mekaar omsien. Ons is almal oud-weermaglede, oudpolisiemanne of dienende lede wat mekaar ondersteun en mekaar

verstaan.” Die groep vergader gereeld en sien hul mede MOTHs as een groot familie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article