Die liggaam van bekende volstruisboer Saag Jonker (85) wat Sondag deur vloedwaters naby Oudtshoorn meegesleur is, is Dinsdag in die Olifantsrivier gevind.
Meiringspoort is Saterdag laatmiddag heropen nadat dit weens oorstromings, rotsstortings en onveilige padtoestande gesluit is. Swartbergpas is steeds gesluit.