Francois Rossouw van SAAI sê hoewel die landbousektor drie belangrike veldslae gewen het in die stryd teen bek-en-klouseer, is die oorlog nog lank nie verby nie.
‘n Hooggeregshof-uitspraak bied uiteindelik hoop dat die wegholverspreiding van die staatsbeheerde bek-en-klouseersiekte nou met inisiatief van die private sektor gestuit kan word.
Die impak van bek-en-klouseer op die landbousektor en ernstige uitdagings daarvan vir produsente is tydens ‘n inligtingsessie op 1 Mei buite Kroonstad uitgelig.
Die Vrystaatse landbousektor het ’n belangrike regsdeurbraak beleef nadat die Hooggeregshof in Pretoria die minister van landbou, John Steenhuisen, gelas het om ’n duidelike skema vir private inenting teen bek-en-klouseer…
Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vandeesweek 10 nuwe gevalle van bek-en-klouseer (BKS) in die provinsie bevestig.
Tot dusver is reeds 43 431 beeste in die Vrystaat ingeënt as deel van die noodmaatreëls om die hoogs aansteeklike siekte te stuit.
Vrystaat Landbou (VL) hoop dat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede die krisis met bek-en-klouseer in Suid-Afrika sal aanspreek.
Landbouorganisasies soos Vrystaat Landbou neem nou regstappe om dringende optrede te eis om bek-en-klouseer wat rampafmetings aanneem, te stuit.