Fran-Rico Lucas, ‘n oudleerder van Grey-kollege in Bloemfontein, het benoemings ontvang vir sy aanbieding van die SABC TV-program Eintlek Let’s Connect.
Die benoemings vir 2026 se Nasionale Film en TV- (NTFA) eerbewyse is pas bekend gemaak en hy, sy mede-aanbieder Penny Lebyane, en die program wat hulle aanbied, het benoemings ontvang.

Voordat Lucas op televisie begin uitblink het, was hy ‘n bekende stem op plaaslike radiostasie OFM en ook nasionaal op RSG.
LEES OOK: Musiekteater deel van opwindende maniere om Emily Hobhouse se lewe te vier
Hy is benoem in die afdelings vir beste TV-aanbieder en persoonlikheid van die jaar; en die program Eintlek Let’s Connect is ook benoem in die afdeling vir Beste vermaaklikheidsprogram.
Die eerbewyse erken elke jaar uitsonderlike werk in die rolprentbedryf, televisie en digitale vermaak. Die vierde jaarlikse geleentheid om kunstenaars te vereer vind op 19 November in die Teatre Marcellus by Emperors Palace in Johannesburg plaas.
LEES OOK: Twintig kokke reg vir Kokkedoor: Klassiek
Die publiek kan nou na die benoemings hier gaan kyk, en vir hul gunstelinge stem. Stemme kan op die webwerf aangeteken word tot 17 November om 12:00.
Vind meer uit oor die eerbewyse op die webwerf nationalfilmandtvawards.co.za.





You must be logged in to post a comment.