'n Werker lê in 'n slaggat in Dan Pienaar-rylaan.
‘n Werker lê in ‘n slaggat in Dan Pienaar-rylaan.

Mangrootte slaggat in Dan Pienaarrylaan gevul


‘n Mangrootte slaggat in die middel van ‘n baan in Dan Pienaarrylaan in Dan Pienaar is danksy die Westdene-woonbuurtvereniging se span wat die slaggate vul.

Die slaggat, waarin ‘n werker gaan lê het om te wys hoe groot dit is, was in die linkerbaan van die dubbelweg tussen Louw Wepenerstraat en Raytonweg.

Veral na die afgelope reënseisoen, het talle slaggate op hoofverkeersroetes in die stad ontwikkel.

Die Westdene-woonbuurtvereniging (WNA) het ‘n program waarvolgens slaggate met die hulp van Raubex in Westdene gevul word, maar hulle het ook al gehelp in talle ander dele van die stad rondom dié sake- en woongebied.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article