Villa Avianto bied Vrydag 9 Oktober die Franse Aandmark van 17:00 tot 22:00 aan.
Die aandmark behels ‘n saamkuier-geleentheid met heerlike eetgoed en musiek deur Eitienne Smith.
Kom geniet Villa Avianto se heerlike sjokolade croissants saam met sjokolade-oortrekte aarbeie by een van die nuwe uitstallers, Tegan Thomas, se stalletjie.
Daar gaan heelwat nuwe uitstallers wees.
Die aandmark, onder die sprankelinde aanliggies en sterre, is die perfekte bestemming vir familie en vriende – en selfs viervoetige vriende – om die aand saam deur te bring. Maak nuwe herinneringe saam met die mense wat omgee.
Besoek die aandmark Vrydagaand om 17:00 by Villa Avianto in Quaggafontein.






