Villa Avianto bied op Saterdag 25 Julie ‘n Coffee Expo aan. FOTO: Verskaf

Koffie-evaring ‘brou’ dié naweek by Villa Avianto

,

Villa Avianto nooi alle koffie-liefhebbers na die Koffie-ekspo wat op Saterdag 25 Julie van 10:00 tot 15:00 plaasvind.

Die dag bied iets vir elkeen, met twee kaartjie-opsies om van te kies.

Die eksklusiewe ervaring kos R150 en neem gaste op ‘n besonderse reis deur die wêreld van koffie.

Die hekke open om 10:00, waarna die verwelkoming om 10:30 plaasvind. Om 10:45 bied Thapelo Nkanyane ‘n boeiende aanbieding oor die geskiedenis van koffie aan.

Daarna demonstreer Mika Human hoe koffiebone op ‘n egte koffie-roostermasjien gerooster word.

Om 11:00 volg ‘n unieke koffieproe-ervaring saam met Thapelo Nkanyane, waarna die barista-kompetisie om 11:30 begin. Die wenners word om 12:00 aangekondig.

Besoekers wat die algemene toegangskaartjie van R50 koop, kry toegang

tot die perseel waar hulle deur die dag produkte van plaaslike koffiewinkels, stalletjies en kosverkopers kan geniet.

Koffie-stalletjies van Yello, Get Together, News Café en verskeie ander sal teenwoordig wees.

Daar sal ook kosstalletjies wees, terwyl Cayden Wynter die dag met lewendige

saksofoonmusiek sal ophelder en vir ‘n ontspanne atmosfeer sal sorg.

Die Coffee Expo beloof om ‘n unieke ervaring vir koffie-entoesiaste, gesinne en almal wat ‘n gesellige
wintersdag wil geniet, te wees.

Besoek villa-avianto.co.za of skakel 083 329 4872 vir meer inligting en om kaartjies te bespreek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article