Eduplus
Saam met hul kunsonderwyser, Cari Niehaus, is die twee leerders van EduPlus wie se werk in Santam se almanak ingesluit is: Elizka Janse van Vuuren (links) en Thuanyo Matekane. FOTO: Lientjie Mentz

EduPlus se kuns deel van Santam se kinderkunsuitstalling

, ,
Eduplus
Saam met hul kunsonderwyser, Cari Niehaus, is die twee leerders van EduPlus wie se werk in Santam se almanak ingesluit is: Elizka Janse van Vuuren (links) en Thuanyo Matekane. FOTO: Lientjie Mentz

Twee leerders van die EduPlus- Onafhanklike Skool in Bloemfontein se kunswerke is ingesluit in Santam se kalender vir 2027.

Kunswerke deur 34 leerders van die skool is gekies om deel te wees van die aanlyn uitstalling van Sanlam se jaarlikse kinderkunskompetisie.

Elizka Janse van Vuuren (links) en Thuanyo Matekane
Die twee leerders van EduPlus wie se werk in Santam se almanak ingesluit is: Elizka Janse van Vuuren (links) en Thuanyo Matekane. FOTO: Lientjie Mentz

Elizka Janse van Rensburg en Thuanyo Matekane se werk is uit die inskrywings gekies om twee van die 13 kunswerke landswyd te wees wat ook in 2027 se kalender gaan verskyn.

Santam se Kinderkunsprojek word al die afgelope 63 jaar aangebied, en leerders van skole en kunsskole van oor die land heen neem daaraan deel.

Die leerders van EduPlus wat deelgeneem het in die kompetisie.
Die leerders van EduPlus in Bloemfontein wie se kunswerke in Santam se jaarlikse aanlyn kinderkunsuitstalling gaan pryk. Saam met hulle is juffrou Cari Niehaus. FOTO: Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article