Kirstin Booysen in aksie vir die Hoër Meisieskool Oranje.
Kirstin Booysen in aksie vir die Hoër Meisieskool Oranje. FOTO’S: Verskaf

Bloemfontein-duo gekies vir SA se o.21-vrouehokkiespan

,

Twee Bloemfonteiners is ingesluit in die Suid-Afrikaanse o.21-vrouehokkie-oefengroep.

Die groep berei nou voor vir die Junior Africa Cup of Nations-toernooi wat in 2027 gaan plaasvind.

Bianca Reece-Gibbs, oudleerder van die Eunice High School en Kirstin Booysen, ‘n gr. 12-leerder van die Hoër Meisieskool Oranje, is ingesluit in die oefengroep. Kirsten het ook vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.18A-span hokkie gespeel en vir Suid-Afrika se o.17-span in 2024.

Sy is die sewende speler van Oranje wat 200 wedstryde vir die skool se o.18A-span kon speel.

Kirstin Booysen in aksie vir Oranje.
Kirstin Booysen in aksie vir Oranje.

Die Afrika-been van die Cup of Nations-toernooi dien as kwalifiseerder vir die Junior Vroue-Hokkiewêreldbeker wat in Desember 2027 plaasvind. Die kies van die oefengroep is Suid-Afrika se eerste fase van die veldtog vir deelname op die wêreldverhoog.

Stacey-Lee Geduld, afrigter, sê die spelers is geïdentifiseer op provinsiale toernooie en gaan nou deur harde werk en voorbereiding geleenthede kry om te kwalifiseer vir die Afrika-toernooi.

Die kies van die span is is volgens die span se hoëprestasie-hoof Reggie Smith die begin van hierdie opwindende reis. “Die span weerspieël die diepte van opkomende talent in ons land, en ons is verheug om Stacey-Lee as leier van die program te hê.

“Haar ervaring, energie en begrip van die Suid-Afrikaanse stelsel gaan van onskatbare waarde wees terwyl ons ‘n mededingende groep bou wat die land met onderskeiding kan verteenwoordig. Die maande wat voorlê gaan belangrik wees aangesien die spelers uitgedaag word om te groei, mee te ding en hul plek in die finale span te verdien.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article