Lede van die Mangaung-metro-veerpyltjieklub wat nasionaal gaan deelneem, is van links, voor: Helena Nel, Heloise Nel (spanbestuurder) en Alet Botes; agter: Marlizaan Badenhorst en Amanda Kruger.

Bloemfonteiners meld aan vir SA Veerpyltjiekampioenskappe

,
Lede van die Mangaung-metro-veerpyltjieklub wat nasionaal gaan deelneem, is van links, voor: Helena Nel, Heloise Nel (spanbestuurder) en Alet Botes; agter: Marlizaan Badenhorst en Amanda Kruger.

Spelers van die Mangaung-metro gaan van Saterdag 11 Julie tot 19 Julie deelneem aan die Suid-Afrikaanse Veerpyltjiekampioenskaps-byeenkoms in die Bellville Velodrome-stadion in Kaapstad.

Talle familielede is in die spanne, veral die Krugers, Rossouws en Fouries. Amanda Kruger, Helena Nel en Alet Botes verteenwoordig ook die Vrystaat in senior en veteraan-spanne.

Gert Kotze en Deon Zietsman is ook lid van die Vrystaat se provinsiale spanne.

Die manspan
Die manspan is van links, voor:: Pieter Fourie, Amanda Fourie (spanbestuurder) en Deon Zietsman; agter: Maurice Smit, Hendrik Kruger, Gert Kotze en Jan Rossouw.

Die junior meisiespan
Die junior meisiespan is van links, voor: Zante Janse van Rensburg, Marlé Rossouw (spanbestuurder) en Chaney Smith; agter: Cherize Nel en Mandri Kruger. FOTO’S: Verskaf
Die junior seunspan
Die junior seunspan is van links, voor: Janco Rossouw, Theuns Lotter (spanbestuurder) en Kyle Hariparsad; agter: Ewan van Rensburg en Henru Swart.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article