Charltin Dednam met die medaljes en trofeë wat hy in die KwaZulu- Natalse Ope Pluimbalkampioen- skap gewen het. FOTO: Verskaf

Alle oë op jong pluimbaltalent

,
Charltin Dednam met die medaljes en trofeë wat hy in die KwaZulu- Natalse Ope Pluimbalkampioen- skap gewen het. FOTO: Verskaf

Die Dednam-naam is bekend in pluimbalkringe. Chris en Roelof Dednam het in hul tyd baie titels gewen en selfs op die Olimpiese spele hul slag gewys.

Chris se oudste seun, Aiden, het reeds op die baie jong ouderdom van 14 sy stempel afgedruk en selfs al gevorder tot die senior Suid-Afrikaanse kampioenskap se half-eindstryd. Hy het onlangs in die KwaZulu-Natalse Ope vir Seniors die Suid-Afrikaanse mansdubbelspel-kampioene getroef om tot in die eindstryd te vorder, waar hy deur die Suid-Afrikaanse nommereen-speler van Bloemfontein, Caden Kakora, en sy dubbelspelmaat WJ Bestbier, ook van Bloemfontein, gestuit is.

Aiden se jonger boetie, Charltin, maak ook opgang. Op die pas afgelope Suid-Afrikaanse o.13-kampioenskapsbyeenkoms in Durban van 28 Junie tot 4 Julie het hy ‘n driekuns van titels gewen; in die enkelspel, dubbelspel en gemengde dubbelspel. In die dubbelspel het hy nogal saam sy neef Shaun Dednam die titel gewen teen Namibië se top-paar. Namibië se topspeler was ironies genoeg die moeilikste teenstand vir Charltin en die enigste speler wat ‘n stel van hom kon afneem in die span- en die individuele kompetisie.

Johan Kleingeld sê die afrigters in Bloemfontein is baie opgewonde oor die volgende paar jaar vir Charltin, want fisiek is hy nog klein en hoewel hy staatmaak op sy spoed, gaan hy baie verbeter soos hy natuurlik groei.

Charltin se volgende doelwit gaan wees om die Suid-Afrikaanse o.15-span te haal wat in 2027 aan die Afrika-o.15-kampioenskap gaan deelneem.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article