Die Bloemfonteinse blinde rolbalkampioen Michiel Kruger (81) is op die Suid-Afrikaanse nasionale rolbal-kampioenskapsbyeenkoms vir mense met gestremdhede van 11 tot 18 April in Mosselbaai met ere-lidmaatskap vereer.
Hy is ook pas ingesluit in die span wat volgende jaar Januarie aan die Wêreldkampioenskap in Nieu-Seeland gaan rolbalspeel.

Op die byeenkoms in Mosselbaai het ook ‘n sertifikaat ontvang vir deelname aan die 45ste Suid-Afrikaanse toernooi agtereenvolgens.
Kruger speel al sedert 1980 rolbal – aanvanklik in die klas B2, maar later het sy sig agteruitgegaan en sy klassifikasie het verander na B1 vir mense wat heeltemal blind is.
Hy het hom reeds vroeg in hierdie sport as uitmuntende sportman onderskei. Hy het ook Suid-Afrikaanse kleure in meestersatletiek en doelbal.
Hy is al ses keer ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat aan die International Blind Bowling Association (IBBA) se Wêreldkampoenskapsbyeenskomste deelgeneem het. Hy het teruggekeer van vier van hierdie toernooie as kampioen:
- In 2011 in Johannesburg (Windgate) het hy goud verower in die enkelspel en brons in die parespel;
- In 2013 in Engeland het hy goud verwerf in die parespel;
- In 2015 in Nieu-Seeland in Wellington het hy goud verwerf in die enkelspel en goud in die parespel;
- In 2017 in Kaapstad het hy goud behaal in die parespel;
- In 2023 in Australië het hy en sy spanmaat Tracy Smith silwer behaal in die parespel; en
- Op die laaste byeenkoms in 2024 in Germiston het hy goud behaal in die enkelspel en silwer in die parespel.
In die toernooi het hy saam met spanmaat Tracy Smith goud gekry in die kompetisie vir gemengde pare.







You must be logged in to post a comment.