Die Suid-Afrikaanse dubbelspel-rolbalspan wat ’n silwermedalje in die Internasionale rolbalvereniging vir gesiggestremdes (IBBA) se wêreld­kampioenskap ontvang het, is Michiel Kruger en Tracy Smith (middel). Heel links is Kruger se spelleier, Karin Gouws, en heel regs Smith se spel­leier, Tommy Smith.Foto: Verskaf

Speler help wêreldsilwer uit Australië bring

Die Suid-Afrikaanse dubbelspel-rolbalspan wat ’n silwermedalje in die Internasionale rolbalvereniging vir gesiggestremdes (IBBA) se wêreld­kampioenskap ontvang het, is Michiel Kruger en Tracy Smith (middel). Heel links is Kruger se spelleier, Karin Gouws, en heel regs Smith se spel­leier, Tommy Smith.Foto: Verskaf

Bloemfonteinse rolbalspeler Michiel Kruger het op die Internasionale rolbalvereniging vir gesiggestremdes (IBBA) se wêreld­kampioenskapsbyeenkoms ’n silwermedalje ontvang.

Die IBBA se wêreldbyeenkoms het van 5 tot 16 Maart in Tweed Heads in Nieu-Suid-Wallis, Australië, plaasgevind.

Die Suid-Afrikaanse span, waarvan Kruger ’n lid was, het teen spelers van lande en streke soos Nieu-Seeland, Skotland, Maleisië, Hongkong, Israel en Engeland meegeding. Dié span het eindelik drie goue, vier silwer- en twee bronsmedaljes gewen en was tweede in die spankompetisie, naas Australië.

Kruger en spanmaat Tracy Smit was tweede in die dubbelspel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article