Bloemfontein se twee pluimbalsterre Caden Kakora en Nita Scholtz -Alberse het eenvoudig geen gelyke in Suid-Afrika nie.
Op die afgelope Suid-Afrikaaanse Pluimbalkampioenskappe wat in Benoni van 12 tot 18 April aangebied is, het hulle alle weerstand uit die pad gevee om gekroon te word as die Suid-Afrikaanse kampioenne.

Caden het sy derde Suid-Afrikaanse enkelspeltitel agtereenvolgens gewen, toe hy geen stel afgestaan en in die finaal sy dominansie onderstreep om die Suid-Afrikaanse junior kampioen Misha Bredell van Kaapstad met 21-7, 21-7 gewen het.
Misha het getoon hy het talent en is reeds deel van die nasionale senior span, maar Caden het duidelik gewys die senior vlak is baie hoog en ander spelers in Suid-Afrika het ‘n lang pad om hom in te haal.
Nita oorheers die vroue-afdeling al so lank dat dit vir haar maklik sal wees om haar fokus te verloor.
Op die toernooi het sy weer haar totale honger gewys om die titel te wen en ook vir die jonger spelers te wys wat dit verg om op daardie vlak te speel.
Haar enigste werklike kompetisie was Elme de Villiers wat ook van Bloemfontein is en Nita se nasionale kaptein is. Elme het ‘n baie goeie vertoning gelewer en net teen Nita in die finaal die knie met 21-8, 21-14 te buig.
Nita en Elme vertrek die week na Denemarke om aan die Wêreldspankompetisie in Horsens, Denemarke van 24 April tot 3 Mei deel te neem.







You must be logged in to post a comment.