Die Franse Aandmark vind Saterdag 18 April plaas.
Die Franse Aandmark vind Saterdag 18 April plaas.

‘n Heerlik ontspanne atmosfeer wag op besoekers aan Villa Avianto se Franse Herfsmark op Saterdag 18 April.

Kuier van 17:00 af op die mark met sy heerlike kos, besonderse, handgemaakte produkte en herfs-atmosfeer.

Van die nuwe uitstallers op Saterdag se mark sluit in Elsie van Tonder en Jurie van Aswegen met hul plaaslik verkrygde heuning; Johannes Mulder met skeppende 3D-gedrukte produkte; en Deborah Green se uitsonderlike, handgemaakte artikels vir mammas en babas.

Die Butler-familie hier saam met Courtney (heel regs) is haar sussie Abigail (17), Mirna en Dwight Butler.
Die Butler-familie hier saam met Courtney (heel regs) is haar sussie Abigail (17), Mirna en Dwight Butler. FOTO: Verskaf

Ian Rautenbach gaan optree en die perfekte agtergrond skep vir ‘n lekker kuier-aand.

Met hierdie mark word ook ‘n hand van hulp uitgesteek na ‘n plaaslike gesin.

Courtney Butler, wat op 27 April 21 jaar oud word, het op 30 Maart ‘n epileptiese aanval gehad. Ná talle toetse is ‘n gewas in haar sinusholte ontdek wat reeds begin groei het.

Haar ma, Mirna, sê hulle wag nou op ‘n mediese span van Stellenbosch om te laat weet wat die behandelingsplan gaan wees.

Sy sê die kanse is goed dat hulle binnekort na Stellenbosch sal moet gaan vir die behandeling.

Suretha van Heerden, eienaar van die Franse Mark, sê om die Butler-gesin te ondersteun gaan R10 van die toegangsgeld van R50 vir Saterdag se Franse Herfsmark geskenk word vir Courtney se kankerbehandeling.

Die mark duur van 17:00 tot 22:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article