Jazzin' Vibes gaan jou bekoor.
Kom geniet Jazzin’ Vibes op 11 April in Bloemfontein. PHOTO: Unsplash

Hierdie jazz-vibe gaan jou bekoor

, ,

Mense dink dikwels hulle hou nie van jazz nie, maar dikwels is talle van die bekende ou liedjies waarna hulle so lekker luister, juis deel van dié musiek-genre.

Petro Engelbrecht, musikant en pianis van Bloemfontein, sê dit is soms die wilde truuks wat top-musici in jazz uitruk, wat mense laat dink hulle hou nie van die genre nie.

“Dink aan gunstelinge soos ‘Fly me to the moon’,’ Dream a little dream of me’ en ‘Somewhere over the rainbow’, dan besef jy dit is daardie lekker-verlang-liedjies,” sê sy.

“Die wonderlike ding van jazz is jy dink jy ken die liedjie, maar daar is soveel geleentheid vir ‘n verrassing of twee. Met ‘n verwerking kan daar ‘n heel ander ritmiese aanvoeling wees wat ‘n ander vibe daaraan gee. Jazz is oop vir interpretasie; dis nooit dieselfde nie – soos elke dag se sonsopkoms en -ondergang. Daar wag altyd ‘n verrassing.”

Sy en vier uitsonderlike musikante Linda Mngoma (kontrabas), Lizelle de Jager (sang), Angelo Mockie (tromme) en Claire Röntch (saksofoon) gaan die gehoor bekoor met hul weergawe van geliefde liedjies. Enigeen wat hierdie musikante al op die verhoog gehoor het, sal weet hierdie vertoning gaan iets besonders wees.

Van die liedjies wat hulle gaan uitvoer, sluit in ‘Sentimental journey’,’ Don’t know why’, ‘Girl from Ipanema’, ‘Like someone in love’, ‘The shadow of your smile’, ‘My favorite things’ (ja, die een uit The Sound of Music), en sommer bietjie Rolling Stones ook.

Die vertoning vind op Saterdag 11 April om 17:30 by die Doxa Deo-kerk in Bloemdalweg (langs Vrystaat-Nasorgsentrum) in Shelleyvale plaas.

Die vertoning vind plaas in die buitelug. Bring kampstoele en ‘n eie piekniekmandjie saam.

Kaartjies kos R100 en kan bespreek word by 082 824 5507.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article