KAAPSTAD – Die hofverskyning van Aletta Rose (63), wat aangekla word vir die opspraakwekkend grumoord op haar 79-jarige suster Constance “Connie” Scholtz, is Maandagoggend uitgestel tot 5 Mei. Die uitstel kom nadat die staat aangedui het dat hulle nog sekere verslae moet konsolideer en verdere ondersoeke moet voltooi voor die saak kan voortgaan.
Aletta het nie aansoek om borgtog gedoen nie en bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning.
Die grumoord het op 19 Maart in Davidsstraat, Bellville-Suid, plaasgevind toe Connie onthoof in haar huis gevind is. Bure het bekommerd geraak toe vensters op vreemde tye oop was en die polisie is ontbied. Aletta, wat ten tyde van die skok-ontdekking by die huis was, het eers beweer dat Connie saam met ‘n wyle vriendin na Robertson gegaan het, maar is later in hegtenis geneem nadat sy probeer wegkom het.
Die ondersoek dui daarop dat dele van Connie se liggaam in die huis versteek was, en dat sy in die agterkop geskiet is. Aletta het glo met die polisie saamgewerk en aangedui waar liggaamsdele gevind kon word.
LEES OOK: Gru-moord: Auntie Connie was gelowige vrou
Die motief vir die moord bly steeds onbekend en vorm deel van die ondersoek. Connie se seun, Menno Rose, het verlede week aan die gemeenskap gevra om die familie se privaatheid te respekteer tydens hierdie moeilike tyd. Hy het ook die gemeenskap van Bellville-Suid bedank vir hul flink optrede.
Die bejaarde was bekend in die gemeenskap as ‘n gelowige vrou. Volgens haar familie was sy nog gesond en hups vir iemand wat byna 80 sou word.
Haar begrafnis sal Saterdag, 4 April plaasvind.





