Die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens-sentrum hou ’n dagtoer na Hermanus op 8 Oktober vir die Walvisfees.
Kostes beloop R80 per persoon vir kinders tussen 4 en 8 jaar; vir almal bo 12 jaar beloop die koste R150 per persoon.
Dié koste is slegs vir die vervoer.
Mense wat belangstel om die toer mee te maak, kan hul name by die kantoor opgee, of bel 023 347 5300.
Vetrektyd is Saterdag 8 Oktober om 06:00 vanaf Greystraat 38.




