Plaaslike koor Question Marks Gospel Choir vier vanjaar hul 50ste bestaansjaar met ’n herdenkingsete op Saterdag 17 Oktober.
Koorleier en een van die eerste lede van die oorspronklike groep, Tommy Peters, meen die vieringe gaan ’n spesiale dag vir die koorlede en hul families wees.
“Die koor is op 16 Oktober 1965 gestig. Ons wou net die woord van die Here versprei, deur van ons stemme gebruik te maak.”
Hy voeg by dat die kern van die koor steeds dieselfde is.
“Die lede het besluit om ’n 50-jaar-viering te reël; ons wil al die families en vriende van die koor, wat sedert die begin deel was van die koor, betrek,” verduidelik Peters.
Die ete sal Saterdag 17 Oktober by die Worcester-stadsaal om 18:00 gehou word.
Kaartjiepryse beloop R120 per persoon.
“Ons het net 300 kaartjies beskikbaar en ons vra die gemeenskap om op te daag om ons te ondersteun.”
Navrae kan aan Jacques Jeptha by 072 898 6796. gerig word





