Na afloop van Saterdag 14 Junie se Grootuitdaag-wedstryde in die Langeberg-afdeling is die vier voorlopers vir liga-louere nog stewig in die saal nadat al vier spanne ná Saterdag met oorwinnings spog.
Hierdie naweek gaan die stryd voortgesit word met Blue Birds van Bonnievale, wat Saterdag tuisveld-voordeel gaan geniet in sy kragmeting teen die voorlopers, Robertson Town. Worcester Villagers reis Saterdag na Ashton, waar hulle teen die plaaslike span, Ashton United, gaan speel.
Villagers Montagu, oftewel Sesduim, kry besoek van Young Hamiltons of Hammies, soos hulle bekend staan, in die King Edwardstadion in Montagu, terwyl Rangers Robertson of Never Die, hul bynaam, in Robertson gaan kragte meet teen die tweede geplaaste Montagu-klub of “Hou by die Blou”. Sy bure Rawsonville gaan op Hoffiepark in Rawsonville kragte meet met Swellendam terwyl McGregor by Touwpark kuier.
In die Streek-uitdaagkompetisie (Breërivier-afdeling), speel Worcester Perseverance tuis teen Prouks terwyl die voorlopers, Alberts, besoek ontvang van Goudini. De Doorns United speel tuis in De Doorns teen Overhex terwyl Primroses tuisveld-voordeel gaan geniet vir hul kragmeting teen Villagers Breërivier. Mountain Stars kry besoek van Klipdrift terwyl Laingsburg al die pad moet reis vir hul kragmeting teen Orchard in die vallei.
Aanhangers kan dus weer met verwagting uitsien na ‘n opwindende rugby-naweek in die streek – veral met die voorlopers in die onderskeie afdelings. – Alver Uys


