Ek wil my reeds in hierdie inleiding verstout deur te sê ek glo nie daar is nog ’n dorp of stad in die ganse Suid-Afrika waar die Pase op so ’n wyse herdenk en gevier word nie.
Met die aanloop tot die hoogtepunt op Paasmaandag is dit gepas dat die Saterdag ook geleentheid bied aan twee dorpspanne om teen mekaar te speel.
Ek verkies die woord “speel”, want kragte meet of kompeteer is die laaste ding wat aan die hart lê van die skrywer van dié rubriek.
Ek glo dat ou vriende vandag raakgeloop gaan word en vergange dae in herinnering gebring sal word.
Ons bring ook vandag hulde aan ons gevalle helde van weleer en salueer albei klubs se huidige spelers, ondersteuners, afrigtingspanne en besture.
Aan my eweknie van Worcester Perseverance, Danver Olsen: Alles van die beste vir die 2016-seisoen en bou voort op die goeie werk waarmee jy besig is.
Aan almal betrokke by ons klub, Young Hamiltons, wens ek ’n geseënde Paasfees toe en alles wat daarmee gepaard gaan.
Voorspoed aan almal ook vir die rugby wat voorlê vir die jaar.
God Bless
Leinad J. Bailey
Voorsitter
Young Hamiltons





