Die oplettendheid van en samewerking tussen dié beamptes het verseker dat twee vermeende koperdiewe aangekeer is. Van links is Sphiwo Simayile van die Gemeenskapsdienssentrum, konst. Jade McPherson, sers. Cedrick Cupido, konst. Justine Standaar, sers. Meralda de Jong en sers. Vernol Kleyn (skofbevelvoer­der). Kleyn en McPherson het ook die twee dwelmverdagtes vasgetrek. Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

MONTAGU. – Beamptes van Montagu-polisiekantoor het twee vermeende koperdiewe in Badstraat vasgetrek.

B-skof onder leiding van sers. Vernol Kleyn het inligting opgevolg en twee mans van onderskeidelik 31 en 25 jaar met twee drasakke vol vermoedelik gesteelde goed in Badstraat in hegtenis geneem.

Beslag is gelê op koperkrane, -draad en ander vermoedelik gesteelde artikels.

Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder AO Suria Meyer sal die twee verdagtes eerskomende Maandag, 20 November, in die Montagu- landdroshof op ’n aanklag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom verskyn.

In ’n onverwante voorval het Kleyn en konst. Jade McPherson twee mans vir die besit van Mandrax in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes is by die ryloopplek op die dorp aangetref.

Hulle is deursoek, die Mandrax in hul besit gevind en in hegtenis geneem.

Volgens Meyer is die verdagtes op waarskuwing vrygelaat met ’n hofdatum vir aanstaande jaar, hangende die ontledingsverslag wat heel moontlik eers dan beskikbaar sal wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article