Vier mense is in die Breederiviervallei in hegtenis geneem in besit van gesteelde kables.

Kabeldiewe gevang in besit van gesteelde kabels in Breederiviervallei


Vier mense is Woensdag 4 Oktober in hegtenis geneem in verband met vermoedelik gesteelde items.

“Vier verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem vir die besit van moontlike gesteelde eiendom in die vorm van Eskom-koperkabels,” het die G24 veiligheidsmaatskappy op sy Faceboook-blad gesê.

Volgens die inskrywing word daar vermoed die kabels was in die Brandwacht-gebied gesteel.

“Met verdere ondersoek is ontdek die verdagtes kan ook verbind word met die diefstal van ander Eskom-kabels in Rawsonville, Worcester, De Doorns, Wolseley en ander dele van die Wynlande.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article