Twee gesinne het hul wonings verloor ná brande die afgelope week in Robertson.

Vlamme het die afgelope week twee huise in Robertson in puin gelê, met die gesinne wat alles in die brande verloor het.

Die huis van eerw. Willem Mouries in Nerinastraat is Saterdag (5 Julie) gedeeltelik verwoes na ‘n brand wat vermoedelik deur ‘n kortsluiting ver- oorsaak is. Hy het op sosiale media om hulp gevra om sy gesin te ondersteun nadat hulle beddens en klere verloor het.

Maandagoggend (7Julie) het James Moses se huis en drie wendyhui­se in Hospitalstraat 19 in die slag gebly. Twee honde is ook dood weens rookinase- ming, het raadslid Danny September gesê. Sewe mense het hier gewoon, waarvan vier jong kinders was. Daar is om hulp gevra vir die gesin om hul huisraad te vervang.

Die Langeberg-munisipaliteit se branddienste was binne minute op die toneel. Hulle het die twee gesinne bygestaan met komberse en kospakkies.

Niemand is in die voorvalle beseer nie.

Die branddienste van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, die dierebeskermingsverening, die polisie en die munisipaliteit se elektriese afdeling was op die toneel.

Inwoners van die munisipaliteit kan 023 615 8911 skakel in geval van brande.

Die Mouries- en Moses-gesinne het beide hul wonings die afgelope week in brande verloor. Hulp is in die gemeenskap gevra sodat hulle kan herbou.
Vlamme het die wonings van twee gesinne in Robertson in puin gelaat.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article