Die Phelophepa Gesondheidsdienste-trein sal binnekort weer ’n draai maak in De Doorns.
Honderde mense kom jaarliks na die trein van hoop, wat deur die land reis om ’n mediese laekoste-, hoëgehalte-diens te lewer aan landelike armes.
Phelophepa behandel ongeveer 1 500 pasiënte per week. Die Phelophepa-trein word grotendeels gefinansier deur die nasionale spoorwegdiens – Transnet.
Phelophepa besoek De Doorns 19-23 September asook 26-30 September. Dienste wat aangebied word, sluit in ’n gesondheidskliniek, ’n oogkliniek waar gratis oogtoetse gedoen word en brille teen R30 verskaf word, asook ’n tandheelkundige kliniek waar tandondersoeke gratis gedoen word. Ekstraksies en stopsels kos R10 vir volwassenes (twee tande), skoonmaak en stopsels. Die behandeling is gratis vir kinders onder 16 jaar. ’n Sielkunde/beradingskliniek is ook beskikbaar.




