Onthou jy nog die groot opwinding oor Kerstyd – wat wag vir jou onder die Kersboom; watter lekkernye gaan daar ‘n tweede skeppie van oor wees? Standard het gaan inloer by ‘n paar inwoners om te hoor wat hul gunsteling- Kerstyd-herinnering uit hul kinderdae is:

Charles Beukes, gemeenskapsleier in Worcester:

“Van my beste herinneringe is op die plaas in Overhex, waar ek as kind 10 jaar lank gewoon het. Oukersaand het ons vroeg gaan slaap, want om 23:30 het Pa John die Kersverhaal gelees en het ons saam met klavierbegeleiding Kersliedere gesing. Om presies middernag sou hy bid en ons mekaar “Hêppie Krismis” toewens. Vroegoggend was ons weer op vir kerk. Nadat ons dorp toe getrek het, het die Excelsior-orkes kom optree en met trompette en saksofoon Kersfees aangekondig. Jy kon hulle enige tyd van die nag verwag. My ma, Clara, sou dan haar gemmerbier uithaal vir die manne wat al heelnag op hul voete is. Dit was ‘n fees van “care and share”. Sestig jaar la­ter volg ons familie steeds hierdie tradisie so ver ons kan ter wille van ons kleinkinders.

Antoinette Steyn

Antoinette Steyn, mayor of the Breede Valley Municipality:

“When I think back to my childhood, I remember holiday trips to Stilbaai and the night before Christmas, when the parents got together and brought Kersvader op a boat to bring us presents. We ate and danced the night away; lovely times with my parents and friends. My plans for this Christmas are to enjoy seeing the children we are going to bless with presents and food, to give back to the community for my blessings this year, and that we do not forget the reason for Christmas.”

Jumainuine Arendse

Jumainuine Arendse, kaptein van die Robertson Town-rugbyspan:

Vir honderde miljoene mense oor die wêreld heen is Kerstyd gesinstyd. Van my gunsteling-herinneringe uit my kinderdae is die opmaak van die Kersboom en natuurlik die opgewonde wakkerword op Kersoggend vir die geskenke onder die Kersboom. Die nuwe klere, koekies, koekstruif en heerlike kos was altyd vir my die hoogtepunt. Ek sal vir die res van my lewe met liefde terugdink aan die geskenke wat so ‘n Kerstradisie is. Wat ek nooit sal vergeet nie – van kindsbeen af tot nou – is dat Kersfees oor die geboorte van Jesus gaan.

Hirome Shigeaki

Hirome Shigeaki, Worcesteriet en wenner in die werklikheidsreeks Die Brug:

As kind was Kersfees nie altyd ‘n gelukkige tyd nie, omdat my vroeë jare vol uitdagings was. Dit het verander toe ek op 16 jaar aangeneem is en my eerste ware Kersfees saam met my ouers beleef het. Dit het vir my die ware betekenis van Kersfees gewys. Dit het nie gegaan oor geskenke of die kommersiële geraas nie, maar oor teenwoordigheid – om saam om ‘n tafel te sit, ‘n maaltyd te deel, liefde te deel en oor Christus te praat as die ware middelpunt van die seisoen. In daardie huis het ek ontdek dat Kersfees oor saamwees gaan, oor familie, en oor mense wat jou kies, jou lief het en jou waarde raaksien. Daardie Kersfees het my gunsteling- kinder- en tienerherinnering geword, omdat dit alles vir my herdefinieer het. Dit het my geleer dat familie nie net gaan oor waar jy vandaan kom nie, maar oor wie hul harte vir jou oopmaak. Daar was lag, dankbaarheid, geloof en ‘n diep gevoel van behoort – en selfs ‘n klein familie-

tradisie wat my vandag nog laat glimlag. Ná die hoofmaaltyd het ons as gesin eers ‘n middagslapie gevat voordat ons die nagereg aangepak het – koekstruif, poedings, tertjies en koeke; amper asof ons eers moes rus om gereed te wees vir die soetheid wat nog kom. Op soveel maniere het daardie dag my eie lewens-

pad weerspieël: Ná ‘n lang seisoen van swaarkry het God ruimte gemaak vir rus, liefde en ‘n vreugde wat uiteindelik soos tuiskoms gevoel het. Uiteindelik het my familie my geleer dat die ware betekenis van Kersfees nie lê in wat ons ontvang nie, maar in Wie gegee is – Jesus Christus, die Seun van God, gebore om lig, hoop en verlossing na die wêreld te bring. Hy is die rede vir die seisoen, die hart van elke viering en die grootste geskenk wat die mensdom ontvang het. Mag hierdie Kersfees elke hart weer na Hom toe trek en mag jy ‘n pragtige, vreedsame en ryklik geseënde Kersfees en feestyd met Sy liefde en genade beleef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article