Hierdie week se toonhuis word tans deur Seeff Eiendomme bemark.

Die huis bied drie slaapkamers, almal met ingeboude kaste. Die badkamer in die huis bestaan uit ’n bad, wasbak en aparte toilet.

Die kombuis is ruim genoeg sodat daar gesellig om ’n tafel gekuier kan word. Die gang bied ’n gerieflike linnekas vir addisionele pakplek en daar is ook ’n studeerkamer.

Daar is ook ’n buitekamer met eie badkamer en het die potensiaal om in ’n volledige woonstel omskep te word.

Die tuin is lae onderhoud met min gras, maar tog smaakvol uitgelê, en is ook veilig omhein. Daar is een motorhuis en ’n addisionele afdak.

Maak ’n afspraak en besigtig hierdie goed onderhoude, ruim huis. Bel Gideon by 023 344 3291 of by 072 367 4502.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article