Het jy en jou wederhelf pragtig gelyk op jul troudag? Het jy troufoto’s waarmee jy graag wil spog? Skryf dan in vir Standard se Bruidspaar-kompetisie, waar fantastiese pryse op die spel is.

As jy getrou het tussen 1 Januarie 2016 en 31 Januarie 2017, kwalifiseer jy om deel te neem aan die kompetisie.

Bring een troufoto, tesame met R100 inskryfgeld, na Standard se kantore in Hoogstraat om in te skryf.

Standard gaan weekliks foto’s van die inskrywings plaas.

Lesers gaan dan die geleentheid hê om per SMS te stem vir hul gunstelingpaartjie.

Die vier weke se twee finaliste-paartjies (agt in totaal) sal dan teen mekaar meeding om die kroon as Standard se Bruidspaar te kan dra.

Lesers sal in hierdie ronde van die kompetisie weer van voor af kans kry om vir hul gunstelinge uit die finaliste te stem via dieselde SMS-lyn.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op Dinsdag 7 Maart.

Die wenpaar gaan wegstap met ’n twee nagte se verblyf by die Protea Hotel Cumberland, ’n romantiese ete vir twee by Damas-restaurant, ’n paartjie-fotosessie by Johette Pople, ’n geskenkbewys van Annique BeautiQ en twee fliekkaartjies van Nu Metro Mountain Mill Mall.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article