Die Green Apples wat in die 1980’s ’n groot treffer was gaan deel wees van die konsert. In die foto staan hul voor die Maywood Cinema in die 80’s. Foto’s: Verskaf.


Die dae toe musiek nog musiek was en toe almal nog oor naweke in die saal by die Julie Naudé-crèche gaan dans het.

Dìs die dae wat die Worcester Moslem Support Group for the Elderly weer wil laat herleef wanneer hul ’n 1980’s-konsert hou.

Bekende Suid-Afrikaanse sangers uit daardie jare gaan kom optree.

Die konsert heet Onthou jy Nog? en is geskryf deur Shaheen Berg. Sy het die sangers se rolle perfek geïn-korporeer met die konsert.

Van die bekende sangers wat kom optree en die ge-hoor gaan vermaak is die groep Green Apples en 80’s-sanger en -danser Deon Kleynhans.

Die konsert vind plaas op 5 November in die stadsaal en toegang beloop R50, wat sal dien as ’n donasie vir die groep.

“As jy onthou hoe dinge was in die 80’s en dit mis, dan is hierdie ’n vertoning wat jy nie moet misloop nie. Dis iets unieks in en vir ons dorp en almal is welkom om dit by te woon,” sê Solly Valley van die ondersteuningsgroep.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article