Hierdie week se toonhuis, ideaal vir die groter gesin, is geleë in die gewilde woonbuurt Panorama en word op alleenmandaat bemark deur ATM Eiendomme.

Dié netjiese huis bied drie leefruimtes, waarvan die TV-kamer vloeiend skakel met die buitebraaiplek, swembad en heerlike kuierstoep.

’n Pragtige nuut en goed toegeruste kombuis in Franse styl is die hart van die huis. Die kombuis bied genoeg pakplek en het ook ’n ruim waskamer met toegang tot die dubbelmotorhuis. Die aangrensende eetkamer met sy binnebraaiplek is perfek vir onthaal en die kaggel knus vir die wintermaande.

Die vier slaapkamers, waarvan een ook as studeerkamer kan dien, het almal ’n mooi uitsig op die tuin. Daar is twee volledige badkamers, waarvan een en suite is en daar is ook ’n aparte gastetoilet. Die hoekerf is ruim, bied parkeerplek vir ekstra voertuie en die eiendom is toegerus met ’n alarmstelsel.

Vir besigtiging van die eiendom, skakel ATM se kantoor by 023 347 1717 of bel Barbara Kriel by 084 517 6478.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article