Die voorlaaste wedstryde in die Langeberg-afdeling van die Boland-rugbyunie vind hierdie Saterdag (2 September) plaas met Robertson Town en Young Hamiltons (Hammies) wat feitlik seker is om na die uitspeel-fases deur te dring.

Wat die Grootuitdaagkompetisie betref, speel verlede seisoen se kampioenspan, Robertson Rangers, tuis teen verlede seisoen se naaswenners, Montagu Klub.

Bonnevale Blue Birds speel tuis in Bonnievale teen die agterosse Swellendam terwyl De Doorns in De Doorns teen Ashton United te staan kom.

Worcester Perseverance speel op Esselenpark in Worcester teen sy bure Hammies, terwyl Worcester Villagers (Villa) die voorlopers, Robertson Town, op die Van Zylstraat-stadion in Robertson moet gaan pak.

Montagu Villagers geniet Saterdag ’n welkome blaaskans.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article