Ingevolge die kinderwet moet enige sentrum wat na ses of meer kinders omsien by die Departement van Sosiale en Maatskaplike Ontwik­keling registreer. Hierdie registra­sievereiste is om seker te maak die kinders in ons land word gestimuleer, goed na omgesien en dat die gebou veilig is vir die aantal kinders.

Leer & Leef is deur die departement gekontrakteer om nasorgsentrums in die Langeberg-gebied te registreer – Robertson, Ashton, Montagu, Bonnievale, McGregor – en omliggende gemeenskappe en plase.

Leer & Leef registreer vroeë- kinderontwikkeling- en nasorg­sentrums in die Witzenberg-gebied al sedert 2017. Hul uitgangspunt is om skole te help om binne die wet te funksioneer en om met alle rolspelers hande te vat en so ’n gemeenskap saam op te bou wat opstaan vir kinders en wat net die beste vir hulle wil hê. Grassroots is egter nog steeds verantwoordelik vir registrasie van vroeëkinderontwik­kelingsentrums in die Langeberg- streek.

Alle rolspelers en bestuurders van nasorgsentrums in die Langeberg-gebied word uitgenooi om die Leer & Leef-nasorgregistrasiespan op Dinsdag 5 September van 10:15-11:30 by die CWDM-kantoor, Van Reenenstraat 40, Robertson, te ontmoet.

Vir navrae kontak Magdél Botha (projek-bestuurder) by 079 775 9359 of Nadia Naudé (registrasie-veldwerker) by 076 166 9268.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article