Is jy al deel van die sowat 1 000 mense wat na verwagting aan die eerste Nasionale Instituut vir Dowes (NID) se Rooi teen Blou-wedloop gaan deelneem?
NID en die Rooi teen Blou-borge daag skole, besighede, kerkgroepe, families en ander in die Vallei uit om ’n verskil te maak deur die 6 km-pretloop aan te durf.
Die Rooi teen Blou-wedloop is ’n vriendskaplike kompetisie tussen die geslagte. Vroue (in rooi) en mans (in blou) van alle ouderdomme sê mekaar die stryd aan met die doel om geld in te samel vir die NID se volwassesorg-afdeling.
Hoewel alle deelnemers wat die 6 km-roete voltooi ’n medalje ontvang, is die span met die meeste voete oor die eindstreep, die wenners van die dag.
Die Rooi teen Blou-wedloop vind op Woensdag 26 Oktober om 18:00 by die Golden Valley Casino plaas.
Inskryfgeld beloop R60 vir volwassenes en R30 vir leerders.
Kry inskryfvorms by NID-hoofkantoor, Stoney’s Take Aways, Motion Fitness, Quenet’s Family Pharmacy, Breedevallei Kwikspar, De Jagers, Superfoto en Worcester Standard kry, asook die NID-webtuiste www.nid.org.za.



