Die Rawsonville-rugbyklub het die afgelope Saterdag (27 Mei) gesorg vir ’n opskudding toe hy Touwpark in Touwsrivier met 16-14 laat les opsê het.
Die tafel was gedek vir ’n grote aangesien albei spanne voor Saterdag nog onoorwonne was.
Die wedstryd het teen ’n vinnige pas afgeskop en albei spanne het mekaar se verdediging getoets deur die bal wind te gee.
Rawsonville het eerste punte aangeteken toe hul losskakel, Mouries Faro, ’n strafskop suksesvol oorgeskop het.
Skaars ’n oogknip later het Rawsonville weer ’n strafskop losgeslaan, en Faro laat groei die puntestand tot 6-0.
Touwpark verdoel toe ook ’n strafskop wat die telling na 3 – 6 verander het, steeds in Rawsonville se guns.
Touwsrivier teken toe weer punte aan toe hulle oorgaan vir ’n drie wat die telling 8 – 6 gemaak het.
Die besoekers het immers aanval op aanval uitgevoer met hul voorspelers wat die afbreekpunte gedomineer het.
Wano Louw (vleuel) het toe oorgegaan vir ’n drie, maar die skeidsregter het egter die drie afgekeer, met die bal vorentoe aangegee.
Ná ’n paar minute het Rawsonville immers ’n strafskop gekry wat veroorsaak het dat Rawsonville weer die voortou geneem het met 9 – 8.
Ná rustyd het die besoekers amper onmiddellik toegeslaan toe ’n drie gedruk is, en Faro verdoel het, met die telling nou 16 – 8.
Touwpark het dit reggekry om weer die verdediging van Rawsonville te uitoorlê en nog twee strafdoele aangeteken wat die telling op 16 – 14 te staan gebring het toe die eindfluitjie blaas.



