Primrose het Saterdag (10 Mei) Worcester Perseverance in die Esselenpark-stadion naelskraaps met 18-17 gewen. Dié twee spanne het mekaar in ‘n wedstryd in nat omstandighede met sterk wind en reën die stryd aangesê.

Perseverance het die wedstryd in gietende reën met ‘n sterk wind teen hom begin. Primrose het ontvang en die wind, wat agter hom was, mooi gebruik. Hy het Persies op sy agtervoete gehou en in sy 22-meter-gebied geboer en gedwing om foute te maak, wat hy ook reggekry het.

In die eerste 10 minute van die wedstryd het Primrose ‘n strafskop gekry en Rushdi Levendal (losskakel) het seker gemaak met die skop (telling 3-0 vir Primrose). Kort ná die inskop het Primrose weer die bal ontvang, weer aangeval en op sy beurt ‘n strafskop gekry toe Persies se dissipline hom in die steek gelaat het. Levendal het weer seker gemaak met die skop pale toe (telling 6-0 vir Primrose). Ná die inskop het Primrose die bal aangeslaan en ‘n skrum is beveel. Persies het die bal gewen en die eerste keer het Primrose met Persies se sterk pak voorspelers kennis gemaak, wat meters met Primrose se skrum geloop het, wat tot ‘n verdoelde drie gelei het (telling 7-6 vir Persies).

Persies het die aanvalle begin en Primrose moes keer vir die vale. Persies het egter sy tweede onverdoelde drie gedruk toe sy voorspelers weer oor die doellyn gedryf het (telling 12-6 vir Persies). Dit was ook die rustydtelling.

In die laaste 40 minute was dit ‘n perd van ‘n ander kleur nadat toe Primrose afgeskop het, maar Persies het nie gaan lê nie en vinnig teruggeslaan met ‘n onverdoelde drie (telling 17-11 vir Persies).

Primrose het weer ingeskop en weer ‘n lynstaan gekry toe Persies fouteer. Primrose het die lynstaan gewen en sy voorspelers het pragtig gedryf met Brandon Klein, ook ‘n plaasvervanger, wat druk onder die pale gedruk het. Wilfred Filander was in die kol met die belangrike skop wat tussen wen of verloor was (telling 18-17 vir Primrose).

• Primrose se B-span het 0-17 teen Persies se B-span verloor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article