Natasha Peens ontvang ’n geskenkkaart by Martinette Hansen van Being Beautiful. Foto:


’n Onderwyser by Worcester Primêr spog met ’n splinternuwe voorkoms vir die feestyd ná sy as wenner in Standard se mooimaak-kompetisie aangewys is.

Natasha Peens (30) is onlangs deur Juliette le Roux, ’n advertensieverteenwoordiger by Standard, op ’n bederfdag geneem om haar wenpryse by Being Beautiful, Dis-Chem Pharmacy en Nelia B Boutique in ontvangs te neem. Die res van die rits pryse wat sy losgeslaan het sal Natasha op ’n tyd wat haar pas kan gebruik. Dít sluit ’n manikuur en pedikuur by Beauty’s Zone, ’n fotosessie by Fabio Julies Photography, een aand gratis verblyf by Golden Valley Casino, ’n geskenkbewys ter waarde van R700 by Viljoen Juweliers en ’n koopbewys van Uppercut haarsalon in.

Natasha se ma, Clarrie, wat haar ingeskryf het sê: “As ma, vertrou en bid ek dat sy haar beloofde land sal ingaan, sy haar sielsgenoot sal ontmoet en sal liefde vind. Die woord wat ek vir haar ontvang het is dat sy nie die norm in die lewe is nie. Ook dat ek vir ’n jaar haar moet voorberei, mooi maak, soos wat Ester in die Bybel se tyd vir ses maande met olies en ses maande met speserye en parfuum voorberei is voor sy die koning kon sien.”

Clarrie beskryf haar dogter as ’n passievolle krieketondersteuner wat ook graag lees in haar vrye tyd. Hul is oorweldig dat sy gewen het omdat dit iets is wat vir hul baie beteken, voeg sy by.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article