Die Ballers-tafeltennisklub van Worcester het onlangs ’n afrigtingskliniek vir onderwysers en leerders aangebied.
Die doel van die kliniek was om skole wat in tafeltennis belangstel by dié sport te betrek en hulle touwys te maak oor tafeltennis en die basiese reëls.
Die klub beplan om nog ’n kliniek aan te bied en binnekort ’n skoleliga te begin.
Die klub hoop om tafeltennis met hierdie inisiatief weer as ’n mededingende sportsoort in skole te vestig en dié ontspannende sport verder te ontwikkel.
Die Ballers-tafeltennisklub beplan ook om wedstryde tussen skoolspanne op 22 April aan te bied.
Alle skole wat wil deelneem, kan die klub kontak.
Die klub oefen elke week by Nuwe Hoop Skool en die oefentye is as volg: Maandae 17:30-20:00 (enigiemand is welkom); Woensdae 17:30-20:00 (juniors, of te wel spelers jonger as 18); Donderdae 17:30-20:00 (seniors). . Enigiemand wat belangstel, kan Jerome Pietersen kontak by 079 162 1865 of e-pos by jeromejaypz@gmail.com





