Die Worcester-hospitaal het verpleegpersoneel, administratiewe klerke en teaterskoonmaakpersoneel met handgemaakte kerse en ander lekkernye verras om die hospitaal se dankbaarheid te betoon. Hierdie geskenke was om die personeel te bedank vir hul toewyding om pasiënte te versorg en te bedien – selfs gedurende onseker tye soos die onlangse taxi-staking. Tydens die staking het personeel ekstra moeite gedoen om veilig en betyds by die werk te kom. Ronel Bezuidenhout, die adjunkbestuurder van verpleegkunde, sê die verpleegbestuurders het hul hand aan kerse maak gewaag en 350 kerse aan personeel uitgedeel, terwyl hulle ’n woord van dank en aanmoediging gedeel het. Die Wes-Kaapse regering se departement van gesondheid en welstand bedank die span van die Worcester-hospitaal vir hul ywerige diens.


Personeel só bedank

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article